Slegs 197 aktiewe Covid-gevalle in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege nuwe Covid-gevalle uit 677 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,3 persent verteenwoordig. In die groep is een leerder. Daar is nou 197 aktiewe gevalle, waarvan 22 pasiënte in hospitale is en slegs een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 379 297 persone is ten volle ingeënt en 31 480 persone het ‘n versterkdosis ontvang.