Slegs 16% van SA-munisipaliteite kry skoon oudit 

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, daag die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini Zuma, se voorstel uit dat munisipaliteite wat die beste en slegste presteer, ‘n program instel om vaardighede uit te ruil. Volgens die ouditeur-generaal se jongste verslag het slegs 16 persent van Suid-Afrika se 257 munisipaliteite ‘n skoon oudit vir die 2020/2021-boekjaar ontvang. OUTA se woordvoerder, Julius Kleynhans, sê die regering moet ophou om onbevoegde, ontplooide kaders in munisipaliteite te paai: