Slegs 16% Namibiërs vertrou regering met entstowwe

Slegs 16 persent van Namibiërs het volle vertroue in die regering se vermoë om te verseker dat Covid-entstowwe veilig is, daarom die huiwerigheid om in te ent. Dit is volgens die jongste Afrobarometer-opname. Ses uit tien burgers vertrou die regering net ‘n bietjie en 30 persent sê hulle vertrou die regering geensins. Meer as 62 persent Namibiërs meen die regering het die Covid-pandemie redelik goed hanteer, maar twee-derdes sê die regering is nie gereed om toekomstige gesondheidsnoodgevalle te hanteer nie.