Meeste moordsake in SA kom voor in Noordwes

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het bevestig die hoogste toename in die aantal moordsake in die land is in Noordwes aangeteken vir die tydperk vanaf Oktober tot Desember verlede jaar. Cele het by ‘n inligtingsessie oor die kwartaallikse misdaadstatistiek gesê daar was wel goeie nuus oor moorde in die Vrystaat in dieselfde tydperk.