‘Slaptjips’ bedreig SA-aartappelsektor

Die uitvoerende hoof van Aartappels SA, Willie Jacobs, sê insetkoste in die aartappelverbouingsektor styg vinniger as wat markpryse toeneem. Dit volg na produsente in die land ‘n ernstige terugslag weens die voortgesette Covid-19-pandemie ondervind het. Dit het ook onlangs aan die lig gekom dat die invoer van aartappelskyfies ‘n bedreiging vir die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf inhou.