Slagoffer van sweeftuig-ongeluk bekend

Die slagoffer van die sweeftuig-ongeluk by Bahnhof naby Rehoboth is die 54-jarige Joern Steinbeck. Volgens die Namibiese polisie was die oorledene ‘n Namibiese burger wat op die ongelukstoneel gesterf het nadat hy gebreekte bene en erge kopbeserings opgedoen het. Hy en sy Namibiese vrou het glo saam met ‘n vriend van Duitsland die parte van die sweeftuig aanmekaar gesit voordat Steinbeck die sweeftuig gevlieg en neergestort het. Sy liggaam is na die St. Mary-hospitaal op Rehoboth geneem vir ‘n nadoodse  ondersoek. Die direkteur van die direktoraat vliegtuigongeluk-ondersoeke, kaptein Magnus Abraham het bevestig dat die ondersoek na die ongeluk reeds aan die gang is.