Skuldperk-oorreenkoms môre in Kongres bespreek

Daar word verwag dat die Amerikaanse Kongres môre die skuldperk-ooreenkoms wat tussen President Joe Biden en die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy beklink is sal bespreek. Die Kongres moet dit deurvoer voor die sperdatum van 1 Junie wanneer die VSA sy betalings moet maak. Volgens Biden, voorsien hy geen probleme nie omdat die ooreenkoms regverdig is en albei partye het nie alles gekry waarvoor hulle gevra het nie.