Cholera: Water by Temba, Rooiwal nie op standaard nie

Die adjunkminister van Water en Sanitasie in Suid-Afrika, David Mahlobo, sê hy het voorlopige uitslae ontvang van watermonsters van die Rooiwal- en Temba-afvalwaterbehandelingsaanlegte in Tshwane. Dit volg na die cholera-uitbreking wat die lewens van 23 mense in Hammanskraal, noord van Pretoria, en een in die Vrystaat geëis het. Mahlobo sê voorlopige uitslae bevestig die watergehalte in die Rooiwal- en Temba-aanlegte is nie op drinkwater-standaard nie: