Skotland sal self besluit

Die Eerste Minister van Skotland, Nicola Sturgeon, het aan Britse media gesê die Britse Premier Boris Johnson kan nie in die pad van Skotland se mense se demokratiese keuses staan nie. Johnson hou vol dat hy enige versoek vir ‘n tweede onafhanklikheidsreferendum sal weier. Sturgeon sal teen die einde van 2024 ‘n tweede onafhanklike referendum kan hou indien die Skotse Nasionale Party hierdie week in die Skotse verkiesing met ‘n meerderheid wen.