SA voëlgriep steeds in die nuus

Suid-Afrika se pluimvee- en volstruis-bedryf bly landwyd op hoë gereedheidsgrondslag al is daar gee nuwe uitbrekings van voëlgriep na afloop van gevalle wat verlede maand bevestig is nie. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê handelsbeperkings wat Suid-Afrika se buurlande ingestel het, is effens verslap met Botswana wat sy nasionale verbod tot slegs die betrokke plase verminder het. Namibië beperk die invoer vanaf een perseel wat in Gauteng geraak word, en Lesotho beperk invoere vanuit Gauteng.