Skoolvoedingsprogram onder die loep

Die skoolvoedingsprogram in Namibië ervaar uitdagings met die lewering van voedselsoorte en skole sukkel ook om hulle eie tuine op te rig. Die program is uiters belangrik omdat ongeveer helfte van die meer as 800 000 skoolgaande kinders in die land staatmaak daarop om ‘n maaltyd ‘n dag te bekom. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Edda Bohn, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe hul beplanning vir die jaar vorder.