Namibië moet sy eie kookolie produseer

Plaaslike media berig dat Namibië ondersoek instel na die produksie van kookolie, veral omdat dit ten duurste ingevoer word. Die land het tussen 2022 en 2023 meer as 800 miljoen Namibiese dollar bestee op die invoere. Dit is geld wat die land verlaat en geen voordeel inhou nie. Sonneblom-olie is die belangrikste kookolie wat in Namibië verbruik word met die hoogste verbruik ooit in 2019 aangeteken – op 24 908 metrieke ton. Palmolie begin al hoe meer gewild word met ‘n 80 persent toename in verbruik. Die Namibiese Akkerbouraad stel nou ondersoek in na die produksie van 24 145 metrieke ton plantolies regoor die land.