Skoolswangerskappe: Daar is ‘n ministeriële beleid

Swangerskappe onder leerders is ‘n groot uitdaging, hier en elders. Jong meisies verloor nie net hul tienerjare nie maar ook skooljare en dus, ‘n kans op ‘n beter toekoms. Plaaslik word ongeveer 13 000 meisies jaarliks swanger op skool. Die ministerie van onderwys het ‘n beleid wat gevolg moet word in geval van ‘n swangerskap by ‘n leerder. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, verduidelik.