Skoolskieter pleit skuldig

Die 23-jarige Nikolas Cruz het skuldig gepleit op klagte dat hy in Februarie 2018 altesaam 17 mense by die Marjory Stoneman Douglas High School in Florida met ‘n AR15-aanvalsgeweer afgemaai het. ‘n Jurie sal beslis of hy die doodstraf vryspring of nie. Hy het in die hof ‘n tranerige om verskoning aan die ouers van die slagoffers gebied. Talle ouers het aan Amerikaanse media gesê hy moet die doodstraf kry.