Skoolsekretaresse gee vraestelle aan sy meisie 

Hango Salom, ‘n sekretaresse by Leinge Privaatskool, sal weer op 26 Februarie in die Outapi-landdroshof verskyn op klagtes dat hy eksamenvraestelle en die memorandums aan ‘n 17-jarige graad 9-leerder verskaf het. Die 31-jarige Salom is borg 1 000 dollar toegestaan. Die ministerie het verder bevestig dat Salom in ‘n verhouding met die leerder is en dat die tweetjies ‘n kind saam het. Die leerder van Oneheke Gekombineerde Skool is in die sorg van haar voog vrygelaat. Haar mede-leerders het agtergekom sy het die vraestel en sy antwoorde en het die skoolhoof ingelig. Uitvoerende direkteur van die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê oortreders sal ook deur dissiplinêre prosesse by hul skole gaan.