Skoolmeisies, sanitêre doekies en die verkiesing

Die debat oor die beskikbaarheid van sanitêre doekies en kondome in die land is een wat gereeld op sosiale media gevoer word. Volgens sommige menings moet sanitêre doekies eerder as kondome gratis beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by Rosa Namises, ‘n onafhanklike presidensiële kandidaat en maatskaplike werker, wat sê sanitêre doekies is ‘n kwessie wat jong meisies elke maand raak.