Skole vir twee weke gesluit

Die Namibiese President Hage Geingob het aangesig-tot-aangesig klasse in die Windhoek-Okahandja-Rehoboth-gebied vanaf 17 Junie opgeskort. Vir die res van die land, sal ‘n wintervakansie aangekondig word, behalwe vir leerders van graad 10 en graad 11 en A-vlakke. Alle tersiêre eksamens sal aanlyn geskryf word.