Skole sukkel met Covid-maatreëls

Namibiese skole het weer oopgemaak en aangesig-tot-aangesig-klasse is weer in volle swang. Die sekretaris-generaal van die Namibiese onderwysvakbond, TUCNA, Mahongoro Kavihuha, is tans in die Noorde en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bekommerd oor die verwarring wat onder leerders van hoër grade heers wat klasse ten volle moet hervat asof die pandemie nie bestaan nie. Mahongoro is bekommerd dat die Covid-voorkomingsmaatreëls nie in plek is nie.