Skole sal leerders sonder geboortesertifikate tegemoet kom

Volgens berigte is daar kommer van sommige Namibiese enkelpa’s oor die gebrek aan geboorte-sertifikate van hul kinders. Hulle meen die ministeries van gesondheid, binnelandse sake en onderwys moet met ‘n oplossing vorendag kom vir onskuldige kinders wat moet skool toe gaan, maar nie kan nie omdat hulle nie geboortesertifikate het nie. Hul ma’s is nêrens te vinde nie. Ma’s kan wel aansoek doen vir hul kinders se geboortesertifikate in die afwesigheid van pa’s, maar pa’s kan na bewering nie dieselfde doen nie. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwys, sê skole kom kinders tegemoet.