Skole: Nanso kyk terug oor twee weke

Aangesig-tot-aangesig onderrig is vir die afgelope twee weke weer in volle swang en Namibië het lae positiewe Covid-gevalle gerapporteer. Daar was kommer oor skole weer oopgemaak het, asook die emosionele impak wat dit kan hê op leerders wat as weeskinders teruggekeer het skool toe. Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, oftewel Nanso, het ter voorbereiding ‘n sielkundige ondersteunings-eenheid gestig vir studente wat dit mag nodig hê. Nanso se woordvoerder, Esther Shakela, het gesê hulle het nie enige uitdagings gehad met aangesig-tot-aangesig klasse gehad nie, alhoewel daar enkele ouers is wat steeds die proses betwyfel.