Skole: maatreëls moet beter toegepas word

Daar is groot kommer oor leerders en studente in Namibië wat ‘n groot hoeveelheid van positiewe Covid-gevalle in die land uitmaak. Die jongste syfers dui aan dat 80 leerders en 17 studente onder die 717 nuwe gevalle is. Dylan Mukoroli, woordvoerder van die Namibiese Studente-organisasie, Nanso, sê hulle ondersteun fisiese klasbywoning maar maatreëls moet toegepas word.