Skole in Suid-Afrika gereed om te heropen

Die Suid-Afrikaanse minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê afhangend van die bevestiging deur president Cyril Ramaphsa vandag ná ‘n kabinetsvergadering oor Covid-19, sal die sektor gereed wees vir die heropening van skole. Sy het ‘n mediakonferensie oor die toestand van gereedheid vir die heropening van skole in die buurland toegespreek. Motshekga sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng het onderwys ook erg geraak. Sy het ook bekendgemaak dat 1 650 onderwysers tussen Maart verlede jaar en Februarie vanjaar weens Covid-verwante komplikasies geserf het.