Skole en Covid: ministerie werk aan beter bywoning

Terwyl klasbywoning hervat het, is dit by talle skole op ‘n roterende basis. Verder woed Covid-19 onder leerders en daarom word baie lesings misgeloop. Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê die kwessies word aangespreek met ‘n nuwe aanslag wat in die tweede trimester aangepak sal word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.