Skokkende getuienis in R. Kelly se verhoor

Skokkende getuienis is tydens die verhoor van die Amerikaanse sanger R. Kelly in New York aangehoor. Kelly staar klagte van seksuele misbruik van minderjariges, omkopery en rampokkery in die gesig. Getuies het die hof vertel van wapens wat in sy kamer was wat hulle geïntimideer het om toe te gee aan sy eise. Sy verhoor het op 18 Augustus begin. Aanklaers beweer dat Kelly sy gewildheid, geld, mag en roem gebruik het om minderjarige aanhangers na hom toe te lok om hulle te misbruik en dat hy dit vir 20 jaar gedoen het. Hy ontken al die klagte teen hom.