Skok oor vandalisme van San-rotskuns

Skok is uitgespreek nadat ontdek is dat antieke San-rotskuns-tekeninge by die Spitzkoppe en Desolation Valley langs die Huabrivier in die Twyfelfontein-omgewing gevandaliseer is. Namibië is bekend vir sy antieke San-rotskuns, wat die erfenis en tradisies van die inheemse mense ten toon stel. Onlangse voorvalle van vandalisme het daartoe gelei dat hierdie kosbare meesterstukke geskend is. Nie net word hierdie skatte van natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis vernietig nie, maar dié vandalisme het ook ‘n impak op die inkomste van landelike gemeenskappe in bewaringsgebiede wat van toerisme afhanklik is. Plaaslike toergids, Joseph Kafunda het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.