Old Mutual, Agra en omgewingsministerie help met brandbestryding

Namibië beleef ‘n goeie reënseisoen, alhoewel sommige dele nog nie reën kry nie. Ná die reënseisoen word grasvelde droog wat die risiko van veldbrande verhoog. Die maande tussen Julie en Oktober staan algemeen bekend as die veldbrand-seisoen. Verlede jaar het Namibië verwoestende veldbrande beleef wat byna 1,5 miljoen hektaar tot einde November 2022 vernietig het. Dit het ernstige beserings en lewensverlies aan beide mense en diere veroorsaak en eiendom en infrastruktuur beskadig. Die Old Mutual-stigting, die Namibiese omgewingsministerie en Agra het saamgewerk en vyf brandbestrydings-masjiene geborg om die streke waar veldbrande geneig is om voor te kom, by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Stoman, kommunikasie-bestuurder van Agra gepraat.