Skoeiselwerkers in SA kry goeie loonooreenkoms

Die klere-en tekstielwerkersvakbond in Suid-Afrika, Sactwu, wat by Cosatu geaffilieer is, het ‘n loonverhoging van 6,5 persent vir sy lede in die skoeiselsektor verseker. Dit tree Donderdag in werking. Dit sal van Januarie volgende jaar af aangevul word met nog 0,25 persent op die huidige vlakke. Sactwu se algemene sekretaris Nadasen Govender sê die skeidingspakket van enige werknemer wat ongelukkig tussen nou en Junie volgende jaar afgelê moet word, sal op die hoër salarisvlak bereken word en bepaal word teen die koers wat teen Junie vanjaar geld, plus 7,5 persent:+