Skinner breek Namibiese swemrekord, twee keer
Die Namibiese swemmer Xander Skinner het ‘n nuwe Namibiese rekord in die 2022 TYR Pro Swim-reeks by Marguerite Aquatic Centre in Mission Viejo, Kalifornië, opgestel. Hy het die rekord in die 50 meter vryslag-voorrondes opgestel met ‘n tyd van 23,01 sekondes wat hy in die eindronde verbeter het toe hy ingekom het met ‘n tyd van 22,91 sekondes. Skinner verdien 760 Fina-punte met die rekord. Die 24-jarige swemmer het sedert 2015 aan verskeie internasionale byeenkomste deelgeneem. Hy het sy opleiding by die Olimpiese opleidingsentrum, SPIRE Institute and Academy, in Ohio in die VSA ontvang.