Skerp toename in Covid-infeksies in die land

Met ‘n skerp toename die afgelope twee dae in nuwe Covid-infeksies in Namibië, is gesondheidsbeamptes bekommerd oor nóg ‘n vlaag wat die land kan tref. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Ester Muinjangue, doen ‘n ernstige beroep op Namibiërs om voor hulle met vakansie vertrek, ingeënt te word.