Die Blitsbokke doen dit weer

Rugby: Die Blitsbokke het onoorwonne na die bopunt van Groep C geskuif nadat hulle gister vir Ierland, Japan en Brittanje op die eerste dag van die Dubai-sewestoernooi kafgedraf het. In die laat wedstryd in die Verenigde Arabiese Emirate, het die Suid-Afrikaners met 31-12 met Brittanje afgereken. Ronald Brown het 18 punte aangeteken. Die Springbok-sewesspan het hul veldtog met ‘n oorwinnning van 28-7 oor Ierland begin en dit opgevolg met ‘n deeglike loesing van 52-12 vir Japan. Die Blitsbokke speel in vanoggend se kwarteindronde om tien-voor-nege teen Kenia.