Skerp kritiek teenoor SA se Padongelukkefonds

Die DA sê die Padongelukkefonds is ‘n sinkende skip. Die fonds het ‘n dringende aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die ouditeur-generaal te keer om sy verslag vry te stel en in die parlement ter tafel te lê. Die oudit het bevind die fonds se laste is meer as 361 miljard Suid-Afrikaanse rand. Chris Hunsinger van die DA sê die fonds se finansiële probleme is eindeloos en dit kom voor of hy aanspreeklikheid probeer ontduik: