Skenk bloed, veral met vakansie wat om die draai is

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om bloed te skenk, veral met die feesseisoen wat om die draai is. Die diens het verskeie veldtogte in plek soos woordvoerder Titus Shivute verduidelik.