Skenk asb jou ou voorskrifbrille

Die Lions-klub Windhoek Alte Feste is tans besig met ‘n projek waar hulle die publiek versoek om hul ou voorskrifbrille aan hulle te skenk. Die ou voorskrifbrille word herwin, met die voorgeskrewe lense vervang en aan minderbevoorregtes in die gemeenskap gegee wat nie hierdie noodsaaklikheid kan bekostig nie. Namib Apteek en Niemeyer Apteek in Windhoek is die depots vir hierdie projek. Antonella Langford van die Lions-klub gesels Kosmos 94.1 Nuus.