Veediefstal: Boere moet beter monitor

Veediefstal bly ‘n groot uitdaging in die Kunene-streek, volgens Nampol se bevelvoerder in die streek, kommissaris James Nderura. Hy het ‘n beroep op boere gedoen om hul vee op ‘n gereelde basis te tel en rekord te hou. Hy sommige boere tel net hul vee een of twee keer per maand om dan uit te vind dat hul vee vermis is. Boere word aanbeveel om die beweging van hul vee te monitor. Nderura sê soms word wolf skaapwagter gemaak.