Bokke begin Sondag voorberei vir toetse teen Wallis

Rugby: Die Springbokke se voorbereiding vir volgende maand se drie toetse teen Wallis begin Sondag in Pretoria met die eerste week van ‘n oefenkamp van drie weke. Die hoofafrigter, Jacques Nienaber, het reeds gesê hy beplan om sy toetsgroep  eers aan te kondig wanneer Suid-Afrikaanse spanne die Verenigde Rugby-kampioenskap voltooi het. Die oefenkamp verskuif op 23 Junie na Johannesburg, en die eerste toets teen Wallis word op 2 Julie op Loftus Versfeld in Pretoria gespeel. Die ander twee toetse is in Bloemfontein en Kaapstad.