Skaap-uitvoere loop steeds oop

Die Vleisraad van Namibië sê groot volumes skaap op-die-hoef verlaat steeds die land vir Suid-Afrika, ten spyte daarvan dat die pryse so goed plaaslik herstel het. Dit kan moontlik veroorsaak word deur plaaslike abattoirs wat nie verslagtingsyfers wil opstoot nie omdat daar ‘n ooraanbod in die Suid-Afrikaanse mark is. In Julie is ‘n 4,4 persent daling in slagsyfers aangemeld en so ook met uitvoere. Daar is 12,7 persent minder skaap in Julie na die buurland uitgevoer of net meer as 62 300 diere.