Skaap-uitvoere kan nog nie hervat nie

Daar is ‘n vertraging in die hervatting van verslagting van uitvoer skaapvleis by Farmers Meat Market op Mariental. Daar is vroeër aangekondig dat uitvoere weer aan die einde van Januarie sou hervat maar die bedryfsdirkteur by die Hartlief-abattoir, Gunther Ling, sê die kontrakte is nog nie onderteken nie.