Marokko arresteer 30 in babahandel-sindikaat

Marokkaanse owerhede het 30 mense in die stad Fes, noordwes van die Atlas-bergreeks, gearresteer op verskeie aanklagte. Die arrestasies vorm deel van ‘n grote saak wat afpersing, dreigemente en handel in pasgebore babas behels. Owerhede sê dat die verdagtes wetstoepassingsagente, dokters, verpleegsters en ander gesondheidswerkers insluit. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle saam met ongehude moeders gewerk het om babas te verkoop aan gesinne wat wil aanneem. Die skema, het ook afpersing, bedrog en diefstal van medikasie behels.