Sjanghai maak nog nie oop nie

Sjanghai-owerhede sê streng beperkings sal vir eers in plek bly, selfs in distrikte wat daarin geslaag het om die oordrag van Covid tot nul te verminder. Dit kom na gesondheidsamptenare vroeër die week die hoop op ‘n mate van terugkeer na normaal uitgespreek het omdat infesksiesyfers skerp daal. Supermarkte sal gesluit, voertuie mag nie sonder goedkeuring op paaie beweeg nie, en slegs een persoon uit elke huishouding sal toegelaat word om elke dag die huis te verlaat in sommige plekke.