Siya se stigting by simposium

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, het verlede jaar die Kolisi-stigting gevorm om gemeenskappe te help wat swaar getref is deur die Covid-pandemie. Hulle deel in die derde uitgawe van die Annual Review of South African Philanthropy hul menings oor hoe om nuwe uitdagings die hoof te bied. Die Onafhanklike Filantropie-vereniging van Suid-Afrika stel vandag dié uitgawe tydens sy jaarlikse filantropie-simposium bekend. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Louise Driver, sê die verslag is omvattend: