Siya Kolisi verwag ‘n reuse-stryd voorlangs

Die Haaie het die naweek ‘n taai tuiswedstryd teen die Ierse span Ulster in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Durbanse span het verlede week sy derde agtereenvolgende kragmeting gewen toe hulle die Glasgow Warriors 40-12 verslaan het op Kingspark. Hulle gaan probeer om dieselfde spelpeil môre te handhaaf teen Duane Vermeulen se span, wat tans tweede op die punteleer is. Die Haaie se flank, Siya Kolisi, verwag ‘n reuse-stryd voorlangs: