Siya Kolisi is weer Haaie se kaptein

Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi gaan die Haaie aanvoer in Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Walliese span Scarlets in Durban. Hy neem oor by sy nasionale spanmaat, Lukhanyo Am, wat vrygestel is om vir twee maande vir Kobe Steelers in Japan te speel. Nog ‘n Bok, Sikhumbuzo Notshe, maak sy debuut in die gasheer se opdrafspan in die nommer 8-trui nadat hy in die vorige paar wedstryde op die bank was. Die wedstryd begin tien-oor-sewe op Kingspark.