Oekraïnse President vra dringende besluit oor vegvliegtuie

Oekraïne se President, Wolodimir Zelensky, het Westerse magte gevra om dringend ‘n besluit te neem oor Pole se aanbod waarvolgens vegvliegtuie aan sy land voorsien sal word. Amerika het gister Pole se plan verwerp om sy vloot MiG-29-stralers uit die Sowjet-era deur ‘n Amerikaanse lugbasis in Ramstein, Duitsland, na Oekraïne te stuur. ‘n Woordvoerder van die Pentagon, John Kirby, sê die vooruitsig dat die vliegtuie vanaf ‘n Amerikaanse Navo-basis ontplooi word na bestrede lugruim met Rusland, wek ernstige kommer vir die hele Navo-alliansie.