Sisulu-debakel: Ramaphosa moet intree

Die leier van die DA in die buurland, John Steenhuisen, eis President Cyril Ramaphosa moet die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, opdrag gee om haar omstrede meningstuk oor die Grondwet terug te trek en in die openbaar om verskoning te vra. Steenhuisen sê Sisulu ondermyn die regstelsel en trek die integriteit van die regbank in twyfel. Steenhuisen sê al is daar amptelik geen fout te vind met Sisulu se opmerkings nie, is dit Ramaphosa se plig om die publiek se vertroue in die grondwetlike integriteit van ander dele van die regering te beskerm: