Siriërs sal steeds hulp ontvang

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die besluit van die Veiligheidsraad verwelkom om die VN se oorgrens-hulpsending in die noordweste van Sirië vir nog twaalf maande te verleng. Dit is ‘n reddingsboei vir meer as 3,4 miljoen mense wat in nood verkeer, wat sowat 1 miljoen kinders insluit. Die VN se adjunk-streekkoördineerder vir humanitêre hulp in die Siriese krisis, Mark Cutts, sê mense oor die hele land is nou slegter daaraan toe as enige ander tyd sedert die konflik tien jaar gelede begin het: