Sioka se drywer skiet sy vrou, homself

Die Namibiese polisie ondersoek ’n saak van moord en selfmoord nadat ’n polisiebeampte sy vrou doodgeskiet en toe homself om die lewe gebring in het in Windhoek se Okuryangava-woongebied. Adjudant-offisier Elia Sheetekela, wat ‘n drywer was vir die geslagsminister Doreen Sioka, het sy vrou Asteria Ndapandula met sy dienspistool geskiet en toe met dieselfde wapen selfmoord gepleeg. Ndapandula het nog geleef toe owerhede op die toneel aangekom het maar, is kort na haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die motief vir die insident is onbekend en die ondersoek duur voort.