SA was weer buite stemming by VN, glo in ‘dialoog’

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge Naledi Pandor, sê Suid-Afrika hou by sy standpunt Rusland en Oekraïne moet met dialoog, bemiddeling en diplomasie die huidige oorlog beëindig. Pandor het die media ingelig oor die jongste verwikkelinge wat die oorlog betref en sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor die verslegtende humanitêre toestand. Suid-Afrika was gister een van die 58 lande wat buite stemming gebly het toe daar besluit is om Rusland se lidmaatskap van die Verenigde Nasies se Menseregteraad op te skort: