Sinner skok Djokovic in Aussie Ope halfeindstryd

Tennis: Jannik Sinner is deur na sy eerste eindstryd van ʼn Grand Slam-toernooi nadat hy die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, in die halfeindstryd van die Australiese Ope verslaan het. Die 22-jarige het die Serwiër met 6-1, 6-2, 6-7, 6-3 geklop in Melbourne. Sinner kan tot nommer drie opskuif indien hy Sondag sy eerste Grand Slam-titel wen en Daniil Medvedev teen Alexander Zverev verloor in die ander halfeindstryd. Sinner sê hy het geglo hy kan die wêreld nommer een klop.