Stikstofgas-teregstelling is marteling: VN hoë kommissaris

Alabama het die eerste teregstelling in Amerika uitgevoer waar stikstofgas gebruik is. Die 58-jarige Kenneth Smith is ter dood veroordeel weens sy rol in ʼn huurmoord in 1988. Die staat se eerste poging om hom met ʼn dodelike inspuiting tereg te stel, het in 2022 misluk. Die hoogste hof het Smith se poging om teen die teregstelling te appelleer van die hand gewys. Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris van menseregte sê om Smith op hierdie manier tereg te stel kom neer op marteling.