Singapoer-premier veroordeel Rusland se geweld teen Oekraïne
Die eerste minister van Singapoer, Lee Hsien Loong sê hy het sy land se standpunt oor die konflik tussen Rusland en Oekraïne duidelik aan President Cyril Ramaphosa gestel. Hy sê Singapoer veroordeel Rusland se geweld teen Oekraïne. Loong het gepraat tydens ‘n nuuskonferensie in Kaapstad op die eerste dag van sy sesdaagse besoek aan Afrika. Hy sê hy het dit aan Ramaphosa gestel dat die handves van die Verenigde Nasies gerespekteer moet word en dat geen land ‘n ander kan inval sonder dat daar strafmaatreëls is nie.